Fop-taxi’s word daadwerklike bedreiging

Die Namibiese polisie op Oshakati sê die publiek moet versigtig wees vir mense wat hul voordoen as taxi-bestuurders. ‘n Student is deur ‘n taxi opgetel en na verskeie draaie gery is, het die bestuurder en drie mans haar gedwing om haar moeder te vra vir 2 000 Namibiese dollar se betaling via selfoon. Hulle het […]

Read More

Internasionale jagforum vergader in hoofstad die week

Die toerisme-ministerie en die internasionale Safari Club-stigting bied die 21ste Africa Wildlife Consultative Forum van vandag tot 13 Oktober aan. Die forum is een van die grootste jaarlikse vergaderings waar senior regeringsamptenare en personeel van wildbestuursowerhede met die private jagbedryf, gemeenskapsbelanghebbendes en navorsers kan saamwerk oor volhoubare wildbewaringskwessies regoor Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met […]

Read More

Lof vir Hamas vir opstand teen Israel

Die Palestynse Solidariteitsalliansie, het Hamas en die Islamitiese Jihad geloof vir hul opstand teen Israel. Die alliansie noem dit ‘n deurslaggewende oomblik in die voortdurende stryd vir Palestina se bevryding. Hamas se militêre bevelvoerder, Mohammad Deif, het ‘n oproep gedoen vir Palestynse weerstand in verskeie streke. Die alliansie het Westerse leiers, sommige Arabiese state en […]

Read More

Saftu blameer Israel vir oorlog

Die vakbondfederasie Saftu sê die naweek se aanvalle deur die Palestynse Weerstand-vegters toon dat vrede, bestendigheid en sekerheid nie in Israel-Palestina gewaarborg kan word as, volgens hom, die Sionistiese regering nie sy gewelddadige besetting van Palestina beëindig en grond teruggee nie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die Sionistiese instelling is regstreeks verantwoordelik vir die […]

Read More

Ses selfmoorde aangemeld – Nampol

Die probleem van selfmoorde in Namibië, wat op ‘n besonder hoë koers is in vergelyking met die klein bevolking, het duidelik in die kollig gekom nadat nie minder as ses gevalle in die afgelope week aangeteken is. Volgens die polisie se misdaadverslag is daar ook een poging tot selfmoord aangemeld. Meeste van die selfmoorde was […]

Read More

Kry kaart vir sakekern-parkering

Die bekendstelling van die nuwe parkeerbetalingstelsel in Windhoek se sentrale sakekern is met gemengde reaksies ontvang, wat die uiteenlopende menings weerspieël van motoriste wat gemiddeld nagenoeg 1 000 Namibiese dollar aan parkering per maand opdok. KeyPlot Investment wat die tender gekry het vir parkeerbestuur, sê hulle het KP-kaarte bekendgestel, wat motoriste uit hul rekeninge kan […]

Read More

Toesmeer-veldtog met ondersoek na Kinnear-sluipmoord

Die Kaapse Forum beskuldig die SAPD daarvan dat hulle versuim om op te tree volgens die aanbevelings van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat oor die sluipmoord op die vermoorde Wes-Kaapse hoof van die polisie se anti-bende-eenheid, Charl Kinnear. Die forum glo dit is ‘n bedrieglike toesmeer-veldtog, wat daarop dui dat daar dalk dieper misdadigheid in die polisiediens […]

Read More

Gaza-Isreal oorlog: Meer as 1 100 dood

Israel het oorlog teen Hamas verklaar ná die verrassende inval uit Gaza, terwyl die dodetal tot meer as 1 100 gestyg het. Eerste minister Benjamin Netanyahu waarsku dat ʼn lang en moeilike oorlog voorlê, ʼn dag nadat Hamas duisende vuurpyle op Israel afgevuur het. Invallers het ook op burgerlikes geskiet en minstens 100 gyselaars geneem. […]

Read More

Eerste Etosha-karnaval beloof iets vir almal

Die Etosha-karnaval wat vir die eerste keer volgende jaar aangebied gaan word deur die toerisme-ministerie, in samewerking met die Ondonga Tradisionele Owerheid, sorg vir groot opwinding in die noorde. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die karnaval het ten doel om toerismeprodukte, aanbiedings en nuwe markte te diversifiseer om meer plaaslike reisigers te lok, […]

Read More

EFF moet verduidelik oor Shivambu se geld

Die onlangse sanksie teen die adjunk-president van die EFF Floyd Shivambu deur die etiekkomitee van die Parlement het gemengde reaksie uitgelok. Die komitee het bevind Shivambu het die etiekkode verbreek omdat hy nie die 180 duisend Suid-Afrikaanse rand verklaar het wat hy van sy broer se maatskappy, Sgameka Projects, gekry het nie. Drie betalings is […]

Read More