Internasionale jagforum vergader in hoofstad die week

Die toerisme-ministerie en die internasionale Safari Club-stigting bied die 21ste Africa Wildlife Consultative Forum van vandag tot 13 Oktober aan. Die forum is een van die grootste jaarlikse vergaderings waar senior regeringsamptenare en personeel van wildbestuursowerhede met die private jagbedryf, gemeenskapsbelanghebbendes en navorsers kan saamwerk oor volhoubare wildbewaringskwessies regoor Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Axel Cramer, gesels oor die belangrikheid van die jaarvergadering.