Eerste Etosha-karnaval beloof iets vir almal

Die Etosha-karnaval wat vir die eerste keer volgende jaar aangebied gaan word deur die toerisme-ministerie, in samewerking met die Ondonga Tradisionele Owerheid, sorg vir groot opwinding in die noorde. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê die karnaval het ten doel om toerismeprodukte, aanbiedings en nuwe markte te diversifiseer om meer plaaslike reisigers te lok, en internasionale toeristeaankomste te verhoog. Die karnaval bied ook ‘n geleentheid om Namibië se uiteenlopende kultuur en erfenis te vier en ten toon te stel. Hy deel meer.