Jongste Nuus

Jongste Nuus

Geld moet eerder bestee word op opleiding van hervestigde boere

Vise-president Nangolo Mbumba het Vrydag die land toegespreek oor die besonderhede van die ontwikkelingsbystand wat die Duitse regering aan Namibië bied as betaling vir die 1904 – 1908 volksmoord. Die bedrag van 1,1 miljard euro sal oor 30 jaar oorbetaal word en volgens Mbumba sal die grootste deel daarvan, 540 miljoen euro, oftewel, 8,86 miljard […]

Read More

Katolieke Kerk ontwyk sy verantwoordelikhede – Trudeau

Die Katolieke Kerk moet verantwoording doen vir sy rol in wat beskryf word as kulturele volksmoord in Kanada. Dit is die mening van die eerste minister Justin Trudeau. Trudeau sê die kerk ontwyk sy deelname in die sogenaamde inheemse skole wat in die land bedryf is om inheemse Kanadese Westerse waardes te leer. Die skole wat tussen 1831 en […]

Read More

Bushiri-uitspraak volgende week

Die omstrede selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri het buite die Lilongwe-hof in Malawi gesê hy het in Suid-Afrika gely en het baie doodsdreigemente ontvang. Hy en sy vrou Mary se uitleweringsverhoor is tot volgende week uitgestel, berig Suid-Afrikaanse media. Uitspraak sal dan gelewer word.   

Read More

Voedselpryse styg tot hoogste vlak sedert 2011

Die uiterse hoë voedselpryse wat Namibiërs ervaar en tans dubbelsyfers bereik het, blyk om internasionaal voor te kom. Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê die wêreld se voedselpryse was in Mei op sy hoogste vlak in byna ‘n dekade, en het die afgelope jaar met meer as met 40 persent gestyg. Die wêreldwye voedselprysindeks vir Mei is 127,1 punte – die hoogste […]

Read More

Ramaphosa se uitlatings oor nasionalisering kan polities wees – kenner

Reaksie is ontvang oor Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se opmerkings dat die ANC nie ‘n nasionaliseringsbeleid voorstaan nie. Die grondonteienings wetsontwerp is Vrydagmiddag in die buurland se parlement bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gekry wat sê Ramaphosa se opmerking is gerusstellend. Tog sê Laubscher dit kan ook ‘n politieke […]

Read More