
Zambezi-polisie soek nog na tien ontsnapte gevangenes - December 13, 2024
Die polisie in die Zambezi-streek moet nog 10 van die 13 verhoorafwagtende gevangenes wat uit die Menias Brian Libuto-polisiestasie ontsnap het, weer in hegtenis neem. Die gevangenes het die polisie Sondag oorrompel en weggekom. Drie van hulle, ‘n Namibiër en twee Zambiërs, is onmiddellik weer in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol […]
Cosatu se Phetoe sê politieke ekonomie verander - December 13, 2024
Cosatu se hoofsekretaris, Solly Phetoe, sê hy beskou die voortgesette studie van die politieke ekonomie van onderontwikkeling as belangrike grondslag om ongelykhede, armoede en werkloosheid te oorkom. Hy het die Nasionale Leierskap van die CTB se vergadering in Sao Paolo, Brasilië toegespreek. Phetoe sê die wêreldwye politieke ekonomie ondergaan groot veranderinge en lande moet gesamentlike […]
Rutte vra Navo-lede om meer aan verdediging te bestee - December 13, 2024
Navo se hoofsekretaris, Mark Rutte, het lede gevra om weens Rusland en China se bedreiging ʼn oorlogsingesteldheid aan te neem en meer aan verdediging te bestee. Navo-lede se huidige besteding op verdediging is 2 persent van hulle ekonomieë se waarde. Rusland se totale militêre besteding sal in 2025 7 tot 8 persent van sy bruto […]
Parlement en regbank haaks oor LGBT-regte - December 13, 2024
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n nuwe blog gepubliseer deur Dianne Hubbard, ‘n regskonsultant by die Regsbystandsentrum, wat navorsing aanbied oor Namibiese hofsake wat LGBT-aangeleenthede betrek. Die verslag verken hoe hierdie kwessies met familiereg en geslagsgebaseerde geweld verbind is. Dit voer aan dat debatte oor LGBT-regte breër familieregbesprekings beïnvloed het en bygedra het tot […]
Zim-senaat neem eerste stap om doodstraf uit te skakel - December 13, 2024
Die Senaat van Zimbabwe het wetgewing goedgekeur om die doodstraf af te skaf, ‘n deurslaggewende stap in die rigting van die uitskakeling van ‘n wet wat in byna 20 jaar nie toegepas is nie. Zimbabwe het die galg gebruik en die laaste teregstelling was in 2005, deels weens ‘n tekort aan individue wat bereid is […]
Bestuurder uitputting, instandhouding grootste oorsaak van ongelukke - December 13, 2024
Die Automobiel-Assosiasie en die Padverkeersbestuurskorporasie beklemtoon bestuurders moet hul moegheid dophou en voertuigveiligheid handhaaf om padongelukke te verminder. Die ondernemings sê moegheid benadeel reaksietyd en besluitneming. Bestuurders word versoek om voldoende te rus, elke twee ure te stop en nagreise te vermy. Gereelde voertuigonderhoud, insluitend die nagaan van remme, bande en ligte, is noodsaaklik om […]
Indiese skaakspeler maak geskiedenis - December 13, 2024
Die 18-jarige Gukesh Dommaraju het geskiedenis gemaak toe hy die jongste klassieke skaak-wêreldkampioen ooit geword het. Hy het Ding Liren van China in die eindronde in Singapoer geklop. Die tiener van Indië neem die titel van jongste skaakkampioen oor by die Rus, Gary Kasparov, wat 22 was toe hy byna vier dekades gelede die jongste […]
Plaaslike beleid was tot voordeel van olie-reuse - December 13, 2024
Die myne en energie-ministerie het ‘n deurlopende potgooi, Powering the Future, waar lynminister Tom Alweendo bedryfsleiers in die olie- en gas-sektor betrek. In die tweede episode was die minister gasheer vir petroleumkommissaris Maggy Shino. Hy het haar pertinent gevra hoe Namibië nuwe eksplorasie in die land behou en aangemoedig het. Shino verduidelik breedvoerig.
DRK kry kinder M-pokke spuite van Japan - December 13, 2024
Die Demokratiese Republiek van die Kongo behoort volgende week 3 miljoen dosisse entstof vir M-pokke vanaf Japan te ontvang wat op kinders gebruik kan word. Inentings teen die potensieel dodelike infeksie is aan die gang in die Kongo, die episentrum van die uitbraak, maar daar is op hede geen inenting vir kinders nie. Japan het […]
Trump sê nee vir die gebruik van VSA-wapens op aanvalle op Russiese grondgebied - December 13, 2024
Die verkose president Donald Trump het in ‘n onderhoud gesê dat hy nie saamstem met die Oekraïne wat Amerikaans-voorsiene missiele diep in Rusland afvuur nie. Hy sê die oorlog word op die manier ge-eskaleer en dit het geen voordeel nie. Maar, hy het daarop aangedring dat hy nie die Oekraïne sal laat vaar nie, aangesien […]