Fop-taxi’s word daadwerklike bedreiging

Die Namibiese polisie op Oshakati sê die publiek moet versigtig wees vir mense wat hul voordoen as taxi-bestuurders. ‘n Student is deur ‘n taxi opgetel en na verskeie draaie gery is, het die bestuurder en drie mans haar gedwing om haar moeder te vra vir 2 000 Namibiese dollar se betaling via selfoon. Hulle het haar weer gedwing om geld by haar tante te vra, 1 000 dollar, wat ook gestuur is en toe weer 2 000 dollar by haar ma as losprysbetaling. Volgens die polisie is verskeie ander betalings gemaak na sy met ‘n mes gedreig is. Sy is uiteindelik ook van haar selfoon beroof en die boewe het weggekom met 7 300 dollar in totale selfoon betalings. Die vrou is ongedeerd vrygelaat.