Lof vir Hamas vir opstand teen Israel

Die Palestynse Solidariteitsalliansie, het Hamas en die Islamitiese Jihad geloof vir hul opstand teen Israel. Die alliansie noem dit ‘n deurslaggewende oomblik in die voortdurende stryd vir Palestina se bevryding. Hamas se militêre bevelvoerder, Mohammad Deif, het ‘n oproep gedoen vir Palestynse weerstand in verskeie streke. Die alliansie het Westerse leiers, sommige Arabiese state en die media gekritiseer vir hul ondersteuning van Israel, terwyl hulle Palestynse lyding ignoreer. Hulle veroordeel ook, wat hulle noem, Amerikaanse imperialisme, omdat Amerika Israel ondersteun. Die PSA sê die weerstand is ‘n reaksie op verskeie ongeregtighede, waaronder aanvalle op godsdienstige terreine, huisslopings en etniese suiwering.