Gaza-Isreal oorlog: Meer as 1 100 dood

Israel het oorlog teen Hamas verklaar ná die verrassende inval uit Gaza, terwyl die dodetal tot meer as 1 100 gestyg het. Eerste minister Benjamin Netanyahu waarsku dat ʼn lang en moeilike oorlog voorlê, ʼn dag nadat Hamas duisende vuurpyle op Israel afgevuur het. Invallers het ook op burgerlikes geskiet en minstens 100 gyselaars geneem. Nuusagentskappe berig meer as 700 Israeli’s is dood, wat dié land se grootste lewensverlies is sedert die Arabies-Israeliese oorlog in 1973. Gaza-beamptes het minstens 413 sterftes in die gebied aangemeld nadat Israel lugaanvalle op 800 teikens uitgevoer het.