Saftu blameer Israel vir oorlog

Die vakbondfederasie Saftu sê die naweek se aanvalle deur die Palestynse Weerstand-vegters toon dat vrede, bestendigheid en sekerheid nie in Israel-Palestina gewaarborg kan word as, volgens hom, die Sionistiese regering nie sy gewelddadige besetting van Palestina beëindig en grond teruggee nie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die Sionistiese instelling is regstreeks verantwoordelik vir die geweld in die streek, insluitend teen sy eie Joodse burgerlikes, weens sy voortgaande rassistiese setlaar-kolonialisme: