Toesmeer-veldtog met ondersoek na Kinnear-sluipmoord

Die Kaapse Forum beskuldig die SAPD daarvan dat hulle versuim om op te tree volgens die aanbevelings van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat oor die sluipmoord op die vermoorde Wes-Kaapse hoof van die polisie se anti-bende-eenheid, Charl Kinnear. Die forum glo dit is ‘n bedrieglike toesmeer-veldtog, wat daarop dui dat daar dalk dieper misdadigheid in die polisiediens kan wees. Intussen meen die woordvoerder van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, Barry Bateman, dat die minister van Polisie, Bheki Cele, nie die saak met die dringendheid behandel het wat dit verdien nie.