EFF moet verduidelik oor Shivambu se geld

Die onlangse sanksie teen die adjunk-president van die EFF Floyd Shivambu deur die etiekkomitee van die Parlement het gemengde reaksie uitgelok. Die komitee het bevind Shivambu het die etiekkode verbreek omdat hy nie die 180 duisend Suid-Afrikaanse rand verklaar het wat hy van sy broer se maatskappy, Sgameka Projects, gekry het nie. Drie betalings is gemaak, met bande met die VBS-bank. Die Daily Maverick-joernalis Pauli van Wyk het aan Newzroom Afrika gesê die EFF moet verduidelik of die geld ‘n geskenk, ‘n donasie of ‘n lening was.