Vyf-jarige meisie uit Mauritius-tronk gerepatrieer - December 13, 2024

Die Departement Maatskaplike Ontwikkeling het die repatriasie van ‘n vyfjarige Suid-Afrikaanse meisie afgehandel wat in ‘n tronk in Mauritius gebore is. Die kind het emosioneel afskeid geneem van haar ma, wat verhoorafwagtend is vir beweerde dwelmsmokkelary, en van die ander vroue in die Beau Bassin-tronk. Bathembu Futshane van die departement sê dis die 25ste kind […]

Read More

Angola wil meer gereeld met SA vergader - December 13, 2024

Die Angolese president, João Lourenço het meer gereelde vergaderings van die bilaterale samewerkingskommissie gevra om bande met Suid-Afrika te versterk. Hy het tydens sy staatsbesoek in Pretoria die groeiende Suid-Afrikaanse belegging in Angola uitgelig, veral in sektore soos finansies, telekommunikasie en vervoer. Lourenço, wat deur middel van ‘n tolk gepraat het, het Suid-Afrika se steun […]

Read More

New York-burgemeester wil gewelddadige migrante uitgooi - December 13, 2024

New York se burgemeester, Eric Adams, sê hy sal saam met verkose president Donald Trump se administrasie werk om maniere te vind om gewelddadige misdadigers uit die land te sit. Hy het met Tom Homan, die inkomende Amerikaanse grens-tsaar, vergader. Die stad het sedert 2022 en 2023 ʼn instroming van migrante beleef en Adams het […]

Read More

Suid-Korea stem weer oor Yoon se verwydering môre - December 13, 2024

Suid-Koreaanse opposisieleier Lee Jae-myung het sê die beste manier om orde in die land te herstel is om president Yoon Suk Yeol te vervolg, ‘n dag voor ‘n beplande parlementêre stemming oor Yoon se kortstondige instelling van krygswet. Yoon het Donderdag belowe om tot die einde te baklei. Hy beweer Noord-Koreaanse inmenging by die verkiesingskommissie […]

Read More

Lasbriewe vir 148 000 bestuurders - December 13, 2024

Die Namibiese polisie sê daar is 148 000 bestuurders met uitstaande boetes van 170,8 miljoen Namibiese dollar. Volgens kommissaris Petrus Swartz van NamPol se verkeersafdeling is daar landswyd lasbriewe vir bestuurders met uitstaande boetes en alle padblokkades sal hiervoor uitkyk. Bestuurders sal dan gearresteer word en vervolg word vir minagting van die hof. Volgens Swartz is […]

Read More

Reho Spa heropening vertraag  - December 13, 2024

Die inwyding van die nuwe Reho Spa in Rehoboth is uitgestel weens onvoorsiene omstandighede. Rehoboth burgemeester Justin Coetzee is egter opgewonde oor die Kersfees-skou môre, wat ook die Rehoboth dorpsraad se laaste geleentheid van die jaar is. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en moedig plaaslike entrepreneurs aan om van die skou gebruik te […]

Read More

VN brei hulpprogram uit in Sirië  - December 13, 2024

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram brei sy programme uit om 2,8-miljoen ontheemde mense in Sirië wat voedseltekorte beleef, te help. Dit volg nadat president Bashar al-Assad se regering omvergewerp is. Die organisasie sê die onlangse vyandighede het honderde duisende mense in die land ontwortel wat die reeds bestaande voedselprobleem vererger. Die organisasie se direkteur in […]

Read More

Sullivan loop voor by Alfred Dunhill-kampioenskap  - December 13, 2024

Andy Sullivan van Engeland het ʼn agt-onder-baansyfer-64 behaal en loop met een hou voor ná die eerste ronde van die Alfred Dunhill-kampioenskap in Mpumalanga. Drie spelers is met sewe onder gelykop tweede: sy landgenoot Alex Fitzpatrick, die Suid-Afrikaner Casey Jarvis en die Sweed, Marcus Kinhult. Sullivan, wat sy eerste twee DP World Tour-seges in die […]

Read More

Berei voor vir ‘n nat Kersfees - December 13, 2024

In hierdie week se AMT Namibiese Weer-oorsig, geborg deur Kosmos 94.1, bespreek die landbouweerkundige Johan van den Berg die moontlikheid van ‘n nat Kersfees vir dele van Namibië. Hy beklemtoon ook dat verbeterde weerstoestande van Januarie tot Maart verwag word.  Intussen sê Landwater tropiese sikloon Chido tans net oos van die suidelike deel van die […]

Read More

IPC en LPM se aansoeke vandag in die hof - December 13, 2024

Die IPC en die LPM se dringende aansoek in die Verkiesingshof oor aspekte van die Nasionale Vergadering-verkiesings kom nege-uur voor regters Nate Ndauendapo, Beatrix de Jager en Orben Sibeya voor. Die partye dagvaar die Namibië Verkiesingskommissie, die kommissie se uitvoerende hoof Elsie Nghikembua, en president Nangolo Mbumba in afsonderlike sake wat saam aangehoor word. Hulle […]

Read More