Sune sê die Capricorn Eagles het baie geleer, op pad Maleisië toe - December 9, 2024

Die Capricorn Eagles het die vierhoekige reeks se finaal teen Thailand met 30 lopies verloor. Namibië, China, Thailand en Hongkong het aan die reeks, wat Woensdag begin het, deelgeneem. Die Capricorn Eagles is nou op pad na Maleisië vir ‘n reeks van drie T20-wedstryde Dinsdag begin en Donderdag tot ‘n einde kom. Kaptein Sune Wittmann […]

Read More

Namibië sê sy sê oor klimaatimpak in Den Haag - December 9, 2024

Namibië sal vandag sy mondelinge verklaring by die Internasionale Geregshof in Den Haag doen. Die hof het op 2 Desember met verhore in ‘n waterskeiding klimaatsveranderingsaak begin. Dit draai om wat wetlik van lande wêreldwyd verwag word om klimaatsverandering teen te werk en kwesbare lande te help om die verwoestende gevolge daarvan te beveg. Die […]

Read More

Oliepryse sal onder druk bly vir die volgende ses maande - December 9, 2024

Oliepryse bly onder druk en dit is natuurlik tot voordeel van verbruikers. Brent het die week geopen op net meer as 71 Amerikaanse dollar ‘n vat. Opul en sy vennote het produksie verhogings tot ten minste April volgende jaar uitgestel maar, die prys van die kommoditeit herstel nie, as gevolg van laer vraag. Die Suid-Afrikaanse […]

Read More

Guterres vra vir inklusiewe toekoms in Sirië - December 9, 2024

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die einde van president Bashar al-Assad se diktatoriale regime, beteken die mense van Sirië kan ‘n geskiedkundige geleentheid aangryp om ‘n stabiele en vreedsame toekoms te bou. Rebellemagte het verklaar dat sy regering Sondag geëindig het ná hulle die hoofstad, Damaskus, ingeneem het. Al-Assad en sy […]

Read More

Vrou sê Jay-Z het haar verkrag toe sy 13 was - December 9, 2024

’n Gewysigde regsgeding wat by die federale hof aanhangig gemaak is, beweer dat kletsrymer Jay-Z ’n 13-jarige meisie saam met Sean “Diddy” Combs tydens ’n partytjie in 2000 verkrag het. Jay-Z het die bewerings op sosiale media ontken en dit is deel van ‘n afpersingspoging deur die eiser. Die regsgeding is oorspronklik in Oktober in […]

Read More

NNN loop deur na haar kommentaar die naweek - December 9, 2024

Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, sê hy weier om enige kommentaar vir die plaaslike uitsaaier NBC te lewer tot die geskorste joernalis Anna Nikodemus weer aan diens is. Nikodemus het gerugte oor Nandi-Ndaitwah se gesondheid tydens ‘n onderhoud met Newzroom Afrika bespreek en is daarna geskors. Nandi-Ndaitwah het Nikodemus oor die naweek gekritiseer oor […]

Read More

Varsities moenie NSFAS-fondse verduister nie - December 9, 2024

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het die gebrek aan integrasie tussen universiteite en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se stelsels veroordeel. Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand se fondse, wat nie toegeken is nie, by hoëronderwysinstellings herwin het. Dit is deel van sy ondersoek na bewerings van korrupsie en […]

Read More

Trump vra onmiddellike skietstilstand in Oekraïne - December 9, 2024

Amerika se verkose president, Donald Trump, vra ʼn onmiddellike skietstilstand in Oekraïne en dat onderhandelings begin. Hy het die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, die naweek in Parys ontmoet en sê Kiëf wil graag ʼn ooreenkoms bereik om die oorlog teen Rusland te beëindig. Zelensky het bekendgemaak sowat 43-duisend Oekraïnse soldate is dood sedert Rusland se […]

Read More

Scheffler het ‘n fantastiese jaar - December 9, 2024

Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, het ‘n briljante seisoen afgesluit deur sy Hero World Challenge-titel in die Bahamas suksesvol te verdedig. Die Amerikaner het ses houe voor Tom Kim van Suid-Korea geëindig met sy landgenoot Justin Thomas in die derde plek. Dit is Scheffler se negende titel van die jaar wat sy rekord ewenaar. Dit sluit […]

Read More

Nasionale Raad gaan groot met besteding - December 9, 2024

Die Nasionale Raad hou ‘n glans geleentheid vir sy 126 lede vroeg volgende jaar en het ‘n tender daarvoor uitgesit wat op 15 Januarie sluit. Die tender vra vir ‘n venue met ‘n blou verwelkomingsmat en staande blomme rangskikkings. Die dekor moet blou, wit en goud wees en verwelkomingsdrankies se glase moet met suiker versier […]

Read More