Geingob bemaak bates aan sy trust, Monica nie in testament genoem nie

Die Engelse dagblad The Namibian berig dat president Hage Geingob se testament by die Meester van die Hoërhof ingedien is. Geingob is op 4 Februarie dood aan kanker. Hy het bates van net meer as 50 miljoen Namibiese dollar gehad waarvan die meeste, insluitend sy plaas naby Grootfontein, met alle diere en implemente, en sy Casa Rosalia-woning net buite die hoofstad aan sy familie-trust bemaak is. Sy vier kinders kry tussen 20 en 30 persent van die res van sy boedel. Sy oudste seun Mangaliso Fernandez en sy weduwee Monica Geingos, is nie in sy testament genoem nie. Hy het ook ‘n eiendom op Swakopmund ontvang as deel van sy aftree-pakket. Die testament is in 2014 opgstel, net voor hy met Monica getrou het.