NamPower se tarief-verhoging vandag bekend

Die Elektrisiteitsbeheerraad sal vanoggend om tien-uur sy besluit oor NamPower se aansoek vir tarief-verhoging bekend maak. NamPower het vroeër die maand te kenne gegee dat vir ‘n verhoging van 14,59 persent in sy tariewe vra. Die maatskappy sê daar is verskeie redes daarvoor, onder andere, die kostes van die 60 persent van die krag wat hy invoer. Eskom het amper 13 persent vanaf Nersa in die buurland ontvang en die kragpoel in die streek se kostes styg met 4,1 persent se inflasie. NamPower sê sy operasionele kostes is hoër as die huidige tarief wat hy ontvang.