Meatco se boeke draai in parlement

Wat gaan aan by Meatco? PDM-parlementslid Inna Hengari wou in die Nasionale Vergadering by finansminister Ipumbu Shiimi weet wat aangaan dat die staatsonderneming nie boere betyds betaal vir die vee wat hulle gelewer het nie. Shiimi het in sy antwoord gesê die onderneming was in finansiële moeilikheid, en het verduidelik dat dit teen ‘n verlies werk.