Droogteverligting word verleng to Maart ’25

Swapo parlementslid Jerry Ekandjo het in die Nasionale Vergadering in ‘n tirade aanmerkings gemaak oor gewaande lede van die LGBTQ+ gemeenskap in Frankryk, in wat hy as Westerse ideologië bestempel het. Hy was woedend omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die omstrede wetsontwerpe is basies daarop gerig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer, maar moet deur die president geteken word voordat dit van krag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels, wat sê dat Namibië ope gesprekke oor LGBTQ+-kwessies moet begin hê.

Die kabinet het ook die verhoging van veebemarkingsaansporing vir grootvee-eenhede van 500 Namibiese dollar per kop tot 750 dollar goedgekeur, en vir kleinvee-eenhede van 100 dollar per kop tot 150 dollar per kop.