Kry kaart vir sakekern-parkering

Die bekendstelling van die nuwe parkeerbetalingstelsel in Windhoek se sentrale sakekern is met gemengde reaksies ontvang, wat die uiteenlopende menings weerspieël van motoriste wat gemiddeld nagenoeg 1 000 Namibiese dollar aan parkering per maand opdok. KeyPlot Investment wat die tender gekry het vir parkeerbestuur, sê hulle het KP-kaarte bekendgestel, wat motoriste uit hul rekeninge kan aanvul. Dan hoef hulle nie vir parkering met kontant te betaal nie, maar net die kaart gebruik. David Angula, bedryfsbestuurder van Key Plot Investments, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.