Hoër brandstofprys kring uit na voedsel en ander goedere

Namibiërs sal na verwagting dié week die jongste brandstofprys verhoging vir Julie hoor en in Suid-Afrika is daar reeds voorspellings gemaak. Die geraamde verhoging in Suid-Afrika sal na verwagting ‘n uitkring-uitwerking hê op voedselpryse in die buurland, wat op sy beurt pryse plaaslik negatief sal raak. Die buurland se Automobiel-Assosiasie voorspel brandstofpryse kan met tot twee-rand-50-sent per liter styg. Die woordvoerder Layton Beard sê eindverbruikers sien […]

Read More

Pride Month het plaaslik ‘n nuwe baadjie aangetrek

Junie wat wêreldwyd herdenk word as Pride Month vir die LGBTQ-gemeenskappe kom tot ‘n einde. Dit is ook plaaslik herdenk. Volgens Linda Baumann, wat jare lank reeds ‘n geslagsgelykheid aktivis is, het die herdenking vanjaar ‘n nuwe baadjie aangetrek.  

Read More

Beurtkrag en moontlike ineenstorting wek groot kommer

Energie-ontleders waarsku die uitbreiding van beurtkrag in Suid-Afrika kan tot ‘n algehele verduistering aanleiding gee. Dit volg na gister se aankondiging deur Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, oor fase ses-beurtkrag. Die energie-ontleder, Simon Mampheli, sê fase ses is een fase duskant totale verduistering. Volgens Mampheli sal dit baie moeilik wees om die stelsel weer aan die gang te kry indien […]

Read More

Brande, hitte verwoes Tunisië se oeste

‘n Hittegolf en uitgebreide brande vernietig Tunisië se graan-oes erg, en die boere-unie het voorspel dat uitset baie kan daal. Die verlies kom namate die land sukkel met voedselinvoerkoste wat opwaarts gedryf word deur die oorlog in die Oekraïne. Mhamoud Elyess Hamza, minister van landbou, het vandeesmaand voorspel dat die 2022-graanoes 1,8 miljoen ton sal bereik, 10 persent meer as verlede […]

Read More

R. Kelly word vandag gevonnis

Die sanger R. Kelly kan dekades tronkstraf opgelê word wanneer hy vandag gevonnis word, nege maande nadat hy skuldig bevind is aan die bestuur van ‘n skema om vroue en kinders seksueel te misbruik. In September verlede jaar het ‘n jurie in New York die sanger skuldig bevind aan rampokkery en agt aanklagte van sekshandel. Die 55-jarige R&B-sanger […]

Read More

6 Januarie: Daar was 3 denkrigtings

Die Amerikaanse oudpresident Donald Trump het die getuienis van ‘n gewese topadviseur van die Withuis-personeelhoof, Mark Meadows, gekritiseer. Cassidy Hutchinson het aan die gekose huiskomitee wat die 6 Januarie-voorval ondersoek, gesê Trump het doelbewus gewapende ondersteuners aangemoedig om na die kongresgebou op te ruk in ‘n laaste poging om in beheer te bly. Trump sê […]

Read More

Kyk na jou vee in die koue tyd

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, het boere gemaan om hulle vee in die koue toestande te versorg. Verliese het reeds voorgekom, ook in die Suide en elders in die land, en daar word verwag dat die koue toestande sal voortduur veral met voorspellings vir uiterste koue volgende week. Uerikua het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Meer oor tweede aap-pokke-geval in SA

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika sê dis op hierdie stadium onduidelik of die land se eerste twee gevalle van aap-pokke wat in die buurland bevestig is, met mekaar verband hou. Die tweede geval, ‘n 32-jarige man van die Wes-Kaap, het nie onlangs gereis nie. Dr. Jacqueline Weyer van die instituut het meer […]

Read More

Maxwell ontvang 20 jaar, sal appelleer

Die veroordeelde gewese sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, is tot 20-jaar tronkstraf gevonnis omdat sy die finansier Jeffrey Epstein gehelp het om minderjarige meisies seksueel te misbruik. Dit volg nadat sy in Desember skuldig bevind is op vyf aanklagte, insluitend sekshandel. Die misdade het tussen 1994 en 2004 plaasgevind. Sy is ook met sowat 12 miljoen Namibiese dollar beboet. Epstein het […]

Read More

BBP-syfers: Ekonome voorspel verdere inkrimping vir konstruksie, vervaardiging

Landbou, toerisme, mynwese en inligting-kommunikasie sal positief bydra tot die BBP syfers vir die eerste kwartaal wat die Namibiese Statistieke Agentskap môre bekend sal maak. Volgens Theo Klein van Simonis Storm sal vervaardiging en konstruksie weer inkrimp.

Read More