Nuwe tegnologie ‘kan werk verseker’

Daar het vanjaar 6 900 studente gegradueer aan die Universiteit van Namibië en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Daar word al voor die grade-plegtighede gevra wat van die studente gaan word, en waar hulle gaan werk kry. Kehad Snydewel, die besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, het ‘n oplossing en sê toekomstige studente moet die kanse wat nuwe tegnologie bied met altwee hande aangryp. Dit sal volgens hom na meer werksgeleenthede lei. Snydewel is aan die woord.