Grootste drywende boekskou tans in Durban

Die wêreld se grootste drywende boekskou is in Durban, en sal ook in Julie by die Walvisbaai-hawe vasmeer. Die MV Logos Hope-skip sal boek-geesdriftiges van Woensdag tot die tweede van volgende maand by die Nelson Mandela-terminaal verwelkom. Die vaartuig het die stad laas in Maart 2016 besoek. Die woordvoerder vir die eThekwini-munisipaliteit, Gugu Sisilana, sê Durban Toerisme sal die boekskou gebruik om die stad as ‘n wêreldklas-bootvaart-bestemming te bevorder.