Hoër brandstofprys kring uit na voedsel en ander goedere

Namibiërs sal na verwagting dié week die jongste brandstofprys verhoging vir Julie hoor en in Suid-Afrika is daar reeds voorspellings gemaak. Die geraamde verhoging in Suid-Afrika sal na verwagting ‘n uitkring-uitwerking hê op voedselpryse in die buurland, wat op sy beurt pryse plaaslik negatief sal raak. Die buurland se Automobiel-Assosiasie voorspel brandstofpryse kan met tot twee-rand-50-sent per liter styg. Die woordvoerder Layton Beard sê eindverbruikers sien reeds hoe pryse styg met opeenvolgende verhogings in die koste van basiese noodsaaklikhede: