BBP-syfers: Ekonome voorspel verdere inkrimping vir konstruksie, vervaardiging

Landbou, toerisme, mynwese en inligting-kommunikasie sal positief bydra tot die BBP syfers vir die eerste kwartaal wat die Namibiese Statistieke Agentskap môre bekend sal maak. Volgens Theo Klein van Simonis Storm sal vervaardiging en konstruksie weer inkrimp.