Kyk na jou vee in die koue tyd

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, het boere gemaan om hulle vee in die koue toestande te versorg. Verliese het reeds voorgekom, ook in die Suide en elders in die land, en daar word verwag dat die koue toestande sal voortduur veral met voorspellings vir uiterste koue volgende week. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.