Pride Month het plaaslik ‘n nuwe baadjie aangetrek

Junie wat wêreldwyd herdenk word as Pride Month vir die LGBTQ-gemeenskappe kom tot ‘n einde. Dit is ook plaaslik herdenk. Volgens Linda Baumann, wat jare lank reeds ‘n geslagsgelykheid aktivis is, het die herdenking vanjaar ‘n nuwe baadjie aangetrek.