Mededingingskommissie sê oor ooreenkomste

Die Namibiese Mededingingskommissie het bevestig dat hy ‘n voorlopige bevinding gemaak het dat verskeie korttermynversekeringsmaatskappye eksklusiewe ooreenkomste met verskeie voorruitkleinhandelaars aangegaan het. Die kommissie het beklemtoon dat sy bevindinge voorlopig is en dat geen finale besluit geneem is nie. Samesprekings sal binnekort gehou word. Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 nuus […]

Read More

Voedselverlies na-oes beloop 1,3 miljard ton

Die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad sê na-oes-voedselverliese hou ‘n ernstige bedreiging in vir voedselsekerheid, veral in Afrika. Ongeveer 1,3 miljard ton kos wat vir menslike gebruik geproduseer is, gaan jaarliks wêreldwyd verlore nadat dit geoes is. Die navorser Manoshi Mothapo sê 50 persent van mango’s, piesangs, lemoene en papajas wat kleinboere in Limpopo verbou, gaan tans verlore nadat dit geoes is. Mothapo sê […]

Read More

#StopFakeGreen-veldtog van stapel gestuur

Die Wêreldnatuurfonds en ander omgewingsorganisasies het die veldtog #StopFakeGreen van stapel gestuur. Dit kom te midde van die Europese Unie se aanvaarding van ‘n lys groen beleggings as deel van dié organisasie se nuwe beleggingsgids, die Europese Unie se Taksonomie. Lede van die Europese Parlement het egter fossielgas en kernkrag as omgewings-volhoubaar verwerp. Volgens die fonds is dit ‘n uiters positiewe stap, […]

Read More

Berrettini verheug oor sy oorwinning

Die verdedigende kampioen, Matteo Berretteni, het sy Queen’s Club-titel in Londen vir die tweede agtereenvolgende jaar behou. Die Italianer het Filip Krajinovic van Serwië 7-5, 6-4 verslaan om sy sewende toer-vlak-trofee en vierde op gras in te palm. Berrettini het slegs verlede week in Stuttgart, Duitsland, weer begin speel na ‘n operasie aan sy regterhand. […]

Read More

Regsverteenwoordigers moet hulle in die ho fgedra

Die Regsvereniging van Suid-Afrika sê daar moet dissiplinêr opgetree word teen regsverteenwoordigers wat nie hofprosedure respekteer nie. Die adjunk-president van die genootskap, Eunice Masipa, sê daar moet wedersydse respek wees om ordentlikheid in die hof te handhaaf. Dit volg na ‘n argument tussen die advokaat vir die verdediging, Malesela Teffo, en die voorsittende regter in […]

Read More

SA se beleid oor tale in howe moet hersien word

Regstaalkenners sê die Wet op Regspraktyke en die Regspraktykraad het versuim om die taalfaktor in hofkommunikasie in ag te neem. Dit volg na advokaat Teffo Malesela se gesukkel met Engels tydens die Senzo Meyiwa moordverhoor. Regstaalkenners sê moedertale moet in howe vir beter kommunikasie toegelaat word. ‘n Navorser in Forensiese Linguistiek en die Reg by […]

Read More

Inkrimping van ekonomie was te wagte – Yelland

Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen, sê ʼn resessie is nie onafwendbaar nie, maar inflasie is onaanvaarbaar hoog. Die Amerikaanse Federale Reserwe het sy hoofrentekoers verlede week met 0,75 persentasiepunte verhoog, die eerste verhoging sedert 1994. Dit het ook die weg gebaan vir ʼn baie strenger monetêre beleid in die korttermyn. Amptenare verwag koerse […]

Read More

Fina verbied transgender vroue wat na 12 oorgang gemaak het

Die internasionale beheerliggaam, Fina, verbied transgender vroue wat deur manlike puberteit gegaan het om in vroue-spanne deel te neem. Die verbod volg op ‘n nuwe inklusiewe geslagsbeleid, waarvoor 71,5 persent van Fina se lede gestem het. Dié beleid laat swemmers wat voor die ouderdom van 12 van geslag verander het toe om in vroue-spanne mee te ding. Fina […]

Read More

KZN vra Gift of the Givers om hulp

Die Departement van Gesondheid in KwaZulu-Natal het hulp gevra by Gift of the Givers, na die onlangse vloede. Die stigter van die humanitêre hulporganisasie, Imtiaz Sooliman, sê die skade aan gesondheidsfasiliteite word op 180 miljoen Suid-Afrikaanse rand geraam. Volgens Sooliman het ander gebiede selfs voor die vloede geen water gehad nie en daarom is daar […]

Read More

Geingob woon Katar Ekonomiese Forum by

President Hage Geingob is in Doha, waar hy met die Emir van Katar, Tamim bin Hamad Al Thani samesprekings sal voer tydens die tweede Katar Ekonomiese Forum wat vandag begin en tot Woensdag duur. Volgens die forum is daar baie groot uitdagings om ‘n volle globale ekonomiese herstel te bewerkstellig en as dit verkeerd bestuur word, kan dit ‘n wig dryf tussen die Ooste […]

Read More