NRU-president trots op Welwitschias

Die nuwe president van die Namibiese Rugby-unie, Petrie Theron, is trots op die Windhoek Draught Welwitschias wat in die finaal is om vir die Wêreldbeker-toernooi te kwalifiseer. Groot opwinding heers oor die Namibiese rugbyspan wat vanaand teen Kenia in die beslissende eindstryd van Rugby Afrika se kwalifiserende toernooi vir die Wêreldbeker te staan sal kom. […]

Read More

Taksidermie-bedryf besig om te herstel

Die taksidermie-bedryf in Namibië is besig om te herstel nadat hulle die impak van die Covid-epidemie op die ekonomie gevoel het. Die toerisme- en jagbedryf is in Namibië en regoor die wêreld geraak wat ‘n drastiese impak op hulle gehad het. Met die beskikbaarheid van entstowwe en Covid-regulasies wat heeltemal verslap is, ervaar Namibië ‘n […]

Read More

DA: Kritieke tekort aan bronne in polisie

Die DA sê die kritieke tekort aan bronne in die polisie moet dringend aangespreek word, asook die gebrek aan gehalte opleiding om sy lede voor te berei vir optrede tydens openbare oproer in die land. Die party het al herhaaldelik voorgestel die polisie versterk bande met die gemeenskaps-wetstoepasssing-strukture en private sekerheidmaatskappye om as magsvermenigvuldiger te […]

Read More

CERN ontdek drie nuwe sub-atomiese deeltjies

Die wêreld se grootste en kragtigste deeltjie-versneller by CERN, die Europese deeltjie-fisika-laboratorium in Genève in Switserland, het fisici gehelp om ‘n penta-kwark en die eerste ooit paar tetra-kwarke op te spoor. Die Groot Hadron-versneller is in April weer aangeskakel na meer as drie jaar se opgraderings- en instandhoudingswerk. Dit is daarna op 5 Julie met […]

Read More

Springbok-afrigter verdedig sy spankeuse ná nederlaag teen Wallis

Rugby: Springbok-afrigter, Jacques Nienaber het sy spankeuse van oorwegend onervare kombinasies verdedig na ʼn slordige, dog naelskraapse nederlaag teen Wallis in Bloemfontein. Daar was vrae of die reeks eers vasgemaak moes wees voor daar na diepte gekyk word. Nienaber het daarop gewys die All Blacks en Australië het hul beste 15-talle gebruik en steeds verloor […]

Read More

‘Profeet’ Jackson Babi se renosterstropery-sake in Augustus in Gobabis-landdroshof verhoor

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het bevestig dat die selfverklaarde profeet Jackson Babi se renosterstropery-verhoor op 19 Augustus in die Gobabis-landdros sal plaasvind. Die saak spruit uit twee renosterhorings wat in Mei 2020 op Otjiwarongo gekonfiskeer is tydens ‘n spesiale polisie-operasie, asook twee renosterhorings en ‘n geweer wat in die huis van […]

Read More

Demokrasie-ontwikkelingsprogram: Moeilik om nou demokrasie te bevorder

Die direkteur van die Demokrasie-ontwikkelingsprogram, Paul Kariuki, sê armoede en werkloosheid in Suid-Afrika word vererger met die hoё lewenskoste, as gevolg van die brandstof-prysstygings en onlangse betogings. Kariuki sê dit is nou moeilik vir die regering om demokrasie te bevorder, terwyl gewone mense nie in demokrasie belang stel nie, maar in kos en geld om […]

Read More

VN-verslag: Rusland en Oekraïne ewe skuldig aan aanval op verpleeg-inrigting

Die VN se kantoor van die Hoё Kommissaris vir Menseregte het in ʼn nuwe verslag bevind Oekraïne se gewapende magte is ewe skuldig vir ʼn Russiese aanval in Maart op ʼn verpleeg-inrigting in die suidooste van Kiёf. Oekraïnse amptenare het Russiese magte daarvan beskuldig dat hulle meer as 50 weerlose burgerlikes doodgemaak het. Die verslag […]

Read More

Kiek vir Kietsie of Keffer vir DBV-kalender

Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië het ‘n foto-kompetisie van troeteldiere van stapel gestuur wat ses weke sal duur. Troeteldier-eienaars is welkom om foto’s van hul oulike troeteldiere met die DBV te deel. Die troeteldier met die meeste stemme sal in die DBV se kalender van 2023 pryk. Hanna Rhodin, direkteur van die DBV, het bygevoeg dat […]

Read More

TASA stel aanlyn-platform vir visum-aansoeke bekend

Die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, TASA, het sy aanlyn-platform vir visum-aansoeke in Windhoek bekend gestel. Hierdie privaatsektor-inisiatief is ontwikkel deur TASA om die verskillende soorte visum- en permit-aansoeke wat deur TASA hanteer word, vir verwerking by die Namibiese ministerie van binnelandse sake, namens die aansoeker in te dien. Toerisme-ondernemings en individue kan van hierdie […]

Read More