Baie min geld vir informele sektor

Die Namibiese Ministerie van Handel sal ‘n skamele 17,4 miljoen Namibiese doller bestee aan sy industrialisasie program. Volgens Minister Lucia Iipumbu poog die program om die informele ekonomie te ontwikkel en informele handelaars se besighede te formaliseer. Die informele ekonomie maak op die oomblik meer as 30 persent van die plaaslike ekonomie uit, wat ook […]

Read More

Reddingsboei vir NBC?

Die NBC se bestuur hou nou ‘n perskonferensie om die jongste oor die staking met die media te deel. Intussen het die uitsaaier se Direkteur-Generaal Stanley Similo aan ‘n Staande Komitee van die parlement gesê die NBC verdien 5 miljoen Namibiese doller maandeliks maar uitgawes beloop 32 miljoen doller. Elvis Katuuo, ‘n Ekonoom by Simonis […]

Read More

Spelers vlug van IPL

Vier spelers het reeds hulle Indiese Premiersliga-spanne verlaat te midde van ‘n skerp styging in Covid-19-gevalle in Indië. Hulle is die Australiërs Adam Zampa, Kane Richardson en Andrew Tye, terwyl die Suid-Afrikaanse draaibouler Ravi Ashwin ook aangekondig het hy gaan huis toe om sy gesin te ondersteun. Daar word berig dat nog ‘n Aussie, Pat […]

Read More

Norma laat aap uit die mou

Die voormalige Suid-Afrikaanse Minister Malusi Gigaba het sy aansoek verloor om te verhoed dat sy vervreemde vrou, Norma Mngoma, voor die staatskapingskommissie getuig. Mngoma het reeds getuig oor hoe Gigaba kontant en voordele by die Gupta-familie ontvang het. Hierdie gunste sluit glo ‘n betaling van 5 miljoen Namibiese doller vir hul troue in sowel as […]

Read More

Gee die mense hulle grond!

‘n DA-lid van die Wes-Kaapse wetgewer sê geregtigheid is lank genoeg weerhou van begunstigdes wat tussen 1995 en 1998 aansoek gedoen het vir die herstel van grondregte en dit is dringend nodig dat enige verdere vertragings ondersoek en daar opgetree word. Mathlodi Maseko sê die wetgewer wil hê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike […]

Read More

Oorlogsveterane kry N$861,3m – het vryheid gebring

Die Namibiese Ministerie van Verdediging het 861,3 miljoen Namibiese doller opsygesit om veterane van die vryheidstryd, en hulle afhanklikes in die huidige finansiële jaar te versorg. Die Minister, Frans Kapofi sê die belangrikheid van oorlogsveterane kan nie oorbeklemtoon word nie en dit is almal se verantwoordelikheid om hulle te versorg. Hy sê hulle het vrede […]

Read More

DRK stuur Covax-entstof aan, dit gaan verval

Internasionale nuusagentskappe berig dat gesondheid owerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo omtrent 75 persent van sy AstraZeneca entstof wat hy by die Covax-fasiliteit ontvang het, te herontplooi. Die besending van 1,7 miljoen entstowwe gaan verval en die land se owerhede het nie die kapasiteit om hulle toe te dien voor dit nie. Unicef […]

Read More

Rugby-kapteins plant bome

Die Varsitybeker-kapteins het aan ‘n boomplant-seremonie deelgeneem by die Universiteit van Pretoria se Toekoms Afrika-kampus in Tshwane. Die toernooidirekteur, Xhanti-Lomisi Nesi, sê die seremonie was ‘n simbool van hoe samewerking tussen die toernooi-organiseerders en die universiteit gegroei het. Nesi sê agt van die tien spanne wat aan dié maand se toernooi deelneem, het ‘n veilige […]

Read More

Zim-banke dank ook af

Banke regoor die streek, vasteland en wêreld besnoei poste omdat elektroniese transaksies die dienste van personeel oorgeneem het. In Zimbabwe, met sy talle uitdagings, het die CBZ Bank ook aangekondig dat vrywillige afleggings op die oomblik onderhandel word. Die Zimbabwiese Ekonoom Eddie Cross sê dit verbaas hom glad nie.

Read More

Geen heining sal opgerig word by Angolese grens nie

Die beplande heining tussen Namibië en Angola is te duur en sal nie opgerig word nie. Die Kabinet het die heining reeds in 2015 goedgekeur in ‘n poging om die grens tussen Namibië en Angola te versterk en so, beter beheer oor bek- en klouseer in die noordelike gebied van die land te verseker. Die […]

Read More