Maxwell ontvang 20 jaar, sal appelleer

Die veroordeelde gewese sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, is tot 20-jaar tronkstraf gevonnis omdat sy die finansier Jeffrey Epstein gehelp het om minderjarige meisies seksueel te misbruik. Dit volg nadat sy in Desember skuldig bevind is op vyf aanklagte, insluitend sekshandel. Die misdade het tussen 1994 en 2004 plaasgevind. Sy is ook met sowat 12 miljoen Namibiese dollar beboet. Epstein het in 2019 in die tronk selfdood gepleeg. Tydens vonnisoplegging het die Amerikaanse distriksregter, Alison J. Nathan, gesê Maxwell se optrede was veragtelik en roofsugtig.