Beurtkrag en moontlike ineenstorting wek groot kommer

Energie-ontleders waarsku die uitbreiding van beurtkrag in Suid-Afrika kan tot ‘n algehele verduistering aanleiding gee. Dit volg na gister se aankondiging deur Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, oor fase ses-beurtkrag. Die energie-ontleder, Simon Mampheli, sê fase ses is een fase duskant totale verduistering. Volgens Mampheli sal dit baie moeilik wees om die stelsel weer aan die gang te kry indien die land ʼn totale verduistering beleef: