Brande, hitte verwoes Tunisië se oeste

‘n Hittegolf en uitgebreide brande vernietig Tunisië se graan-oes erg, en die boere-unie het voorspel dat uitset baie kan daal. Die verlies kom namate die land sukkel met voedselinvoerkoste wat opwaarts gedryf word deur die oorlog in die Oekraïne. Mhamoud Elyess Hamza, minister van landbou, het vandeesmaand voorspel dat die 2022-graanoes 1,8 miljoen ton sal bereik, 10 persent meer as verlede jaar s’n maar, dit is nie meer moontlik nie en voorspellings lui dat die oes nie meer as 1,4 miljoen ton sal haal nie. Daar is kommer oor voedselsekerheid.