R. Kelly word vandag gevonnis

Die sanger R. Kelly kan dekades tronkstraf opgelê word wanneer hy vandag gevonnis word, nege maande nadat hy skuldig bevind is aan die bestuur van ‘n skema om vroue en kinders seksueel te misbruik. In September verlede jaar het ‘n jurie in New York die sanger skuldig bevind aan rampokkery en agt aanklagte van sekshandel. Die 55-jarige R&B-sanger sal minstens tien jaar in die tronk deurbring, met die maksimum moontlike vonnis wat  lewenslank kan wees. Aanklaers meen hy moet minstens 25 jaar agter tralies deurbring. Kelly staan afsonderlik in Chicago tereg op aanklagte van onder andere, kinderpornograpfie. Hy staan ook tereg op aanklagte van seksmisbruik in Illinois en Minnesota.