Kissinger gesels oor Putin…

Die deurwinterde Amerikaanse politikus Henry Kissinger het met Amerikaanse media oor die oorlog in die Oekraïne gepraat. Kissinger, nou 99, was tussen 1969 en 1975 die land se nasionale sekuriteitsadviseur en tussen 1973 en 1977, die minister van buitelandse sake. Kissinger is saam met wêreldleiers verstom oor die Russiese inval in sy buurland maar sê […]

Read More

Djokovic sê Wimbledon is spesiaal

Novak Djokovic het sy sewende Wimbledon-titel gewen en het nou 21 Grand Slams op sy kerfstok. Dit was sy vierde agtereenvolgende oorwinning in Londen. Djokovic het nou een Grand Slam minder as die Spanjaard Rafael Nadal wat rekord hou met 22 Majors. Djokovic sê Wimbledon is vir hom ‘n baie spesiale toernooi:

Read More

SA-soldaat sterf in Mosambiek, oorsaak onbekend

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die dood bevestig van ‘n 51-jarige stafsersant wat deel was van Operasie VIKELA, Suid-Afrika se bydrae tot die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in Mosambiek. Johan van Rooyen het gister by Mihluri-basis aangemeld en van ‘n kwaai hoofpyn en borspyne gekla voor hy na ‘n hospitaal in Pemba oorgeplaas is. Die […]

Read More

Meer as 200 straatkinders tot dusver vanjaar geïntegreer

Die Namibiese ministerie van maatskaplike welsyn het hierdie jaar alleen 214 kinders wat op straat woon en werk in verskillende skole regoor die land geïntegreer. Minister Doreen Sioka het gesê ‘n totaal van 214 straatkinders is tot dusver in 2022 by verskillende skole in die Khomas-, Hardap-, Omaheke- en Otjozondjupa-streke geïntegreer. Sy het bygevoeg dat […]

Read More

SA-skietery: Almal moet saamwerk meen Cyril

President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op sekerheidsagentskappe en gemeenskappe om saam te werk om diegene wat verantwoordelik was vir die twee aanvalle in Soweto, Gauteng, en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal dringend aan die pen te laat ry. Vyftien mense is gister in die vroeë oggendure by die Nomzamo-taverne in Orlando, Soweto, vermoor. In Pietermaritzburg is […]

Read More

Goeie herstel vir lugvaart – regoor die wêreld

Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, het passasiersdata vir Mei 2022 aangekondig wat toon dat die herstel in lugreise versnel het tydens die besige Noordelike Halfrond se somerreisseisoen. Totale verkeer in Mei 2022 was 83,1 persent hoër vergeleke met Mei 2021. Wêreldwye lugverkeer is nou op 68,7 persent van voor die krisis-vlakke. Linden Birns van IATA sê […]

Read More

Welwitschias is op pad Frankryk toe vir die 2023 Wêreldbeker!

Die Namibiese rugbyspan kwalifiseer vir die sewende keer vir die Wêreldbeker. Die Windhoek Draught Welwitschias het Sondagaand in Aix-en-Province in Frankryk vir Kenia in die Afrika-beker met 36-0 verslaan. Wian Conradie het drie drieë gedruk en Johan Deysel een, terwyl Cliven Loubser die skopwerk gedoen het. Namibië sal in die Wêreldbeker 2023 in Groep A […]

Read More

IPC-leier staan vas oor skorsing van Howard-Smith

Die leier van die Independent Patriots for Change, dr, Panduleni Itula, sê die party kon nie toelaat dat die voormalige voorsitter van die Erongo-streeksraad, Ciske Smith-Howard, voortgaan om in haar rol op te tree nie weens die beginsels daarvan. Itula het die opmerkings Saterdag tydens ‘n gemeenskapsvergadering op Groot Aub gemaak. Die saak wat deur […]

Read More

Sertifikate van nasionale eksamens van 2021 op 19 Julie beskikbaar

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het bevestig dat alle graad 11- en 12- leerlinge wat hul nasionale eksamens in 2021 geskryf het, kan hul sertifikate by die sentrums en skole waar hulle die vraestelle afgelê het, vanaf 19 Julie afhaal. Die ministerie maan ook leerders om nie hulle sertifikate te laat […]

Read More

SA polisie beskryf moordtoneel by taverne as ‘n bloedbad

Die Suid-Afrikaanse polisie beskryf die moordtoneel by die Mdlalose-taverne in die Nomzano informele nedersetting in Orlando-Oos in Soweto as ‘n bloedbad. Veertien mense tussen 19 en 35 jaar oud is dood en nege beseer toe onbekende aanvallers vroeër vanoggend na bewering op mense in die taverne geskiet het. ‘n Groep mans wat gewapen was met […]

Read More