Desentraliseer kankersorg, vra CAN se hoof

Volgens die jongste data oor kanker wat in Februarie deur die Kankervereniging van Namibië, CAN, vrygestel is, is prostaatkanker die mees algemene kanker in Namibië. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging, dring aan op die bevordering van vroeë opsporing deur middel van siftingsprogramme landwyd. Hy voeg by dat Namibië ‘n kommerwekkend hoë voorkoms van kanker het in vergelyking met die res van Afrika. CAN vra vir die desentralisering van kritieke kankersorg in Namibië asook uitbreiding van onkologiedienste na ander streke, buiten die Khomas-streek. Mans van 15 jaar en ouer is ook kwesbaar vir testikulêre kanker met ‘n verhoogde risiko wat verband hou met onafgedaalde testikels. Kosmos 94.1 Nuus het met Hansen gesels.