Meer oor tweede aap-pokke-geval in SA

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika sê dis op hierdie stadium onduidelik of die land se eerste twee gevalle van aap-pokke wat in die buurland bevestig is, met mekaar verband hou. Die tweede geval, ‘n 32-jarige man van die Wes-Kaap, het nie onlangs gereis nie. Dr. Jacqueline Weyer van die instituut het meer inligting bekend gemaak.