Vier verdagtes sterf in skietery met KZN polisie

Vier mans wat verdink word van die moord Vrydag op ‘n 48-jarige vrou en haar 22-jarige dogter in Inanda, KwaZulu-Natal, is in ‘n skietery met die polisie dood. ‘n Woordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting oor die verdagtes ingesamel wat glo op pad was om reinigingsrituele in Mpophomeni te doen.

Read More

Spanning laai op tussen China, Taiwan

China se kuswag sê hy sal sy wetstoepassingsaktiwiteite versterk en gereelde patrollies rondom ‘n klein groepie Taiwanees-beheerde eilande aan die Chinese kus uitvoer. Dit kom terwyl spanning toeneem oor die dood van twee Chinese burgers. Taiwan het Donderdag die optrede van sy kuswag verdedig nadat twee mense op ‘n Chinese snelboot, wat te naby aan […]

Read More

SA swemmers mis uit op Doha-medaljes

Swem: Erin Gallagher het haar eerste Wêreldkampioenskap-medalje gisteraand in Doha net-net gemis en vierde in die eindronde van die 50-meter-vlinderslag geëindig. Sy het die bronsmedalje met slegs twee-honderdste van ‘n sekonde gemis. Gallagher se teleurstelling is gedeel deur Chad le Clos, wat vyfde in die 100-meter-vlinderslag-finaal geëindig het. Pieter Coetzé en Lara van Niekerk gaan […]

Read More

Hier kan jy Nasionale Dag van Gebed huldig

Die regering het Vrydag aangekondig dat vandag tot ‘n Nasionale Dag van Gebed verklaar is, wat deur die Raad van Kerke in Namibië gelei sal word. ‘n Bid-diens sal van 4-uur tot 6-uur vanmiddag by die ZCC kerk in Hochland Park plaasvind. Die Khomas-Streekraad bied ook vanmiddag ‘n spesiale huldeblyk-seremonie aan vir wyle president Hage […]

Read More

SANW maak name bekend van lede wat in DRK gedood is

Die Suid-Afrikaanse Nasonale Weermag het die name van die soldate wat in ‘n mortieraanval in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood is, bekend gemaak. Kaptein Simon Bobe en onder-korporaal Irven Semono het gesterf toe ‘n mortierbom in een van die militêre basisse van die Suid-Afrikaanse kontingent geland het. Die twee soldate is ontplooi saam […]

Read More

Israeli betogers vra vroeë verkiesings

Duisende Israeli’s het Saterdagaand in Tel Aviv bymekaargekom vir ‘n teen-regeringsprotes. Betogings teen die regering wat die land vir ‘n groot deel van 2023 geruk het, het gedurende die oorlog grootliks bedaar. Tog het betogers weer die strate van Tel Aviv ingevaar en gevra vir nuwe verkiesings, wat eers in 2026 geskeduleer is. Isrealiese eerste […]

Read More

Swiatek wen Doha-titel drie keer agtereenvolgens

Tennis: Die wêreld se nommer-een-speler, Iga Swiatek van Pole het die Kataar-Ope gewen deur die wêreld se nommer vier, Elena Rybakina, met 7-6, 6-2 te klop. Swiatek het die eerste speler in byna nege jaar geword om ‘n Wêreldtennisvereniging-byeenkoms drie keer agtermekaar te wen. Haar oorwinning teen die Kazakhstani is haar 12de agtereenvolgende sege by […]

Read More

Droogtehulp-aansoeke steeds oop vir boere

Weiding is besig om effens te verbeter in die sentrale gebiede van Namibië, maar die regering is steeds besig om boere te help wat verlede jaar maatreëls moes tref om vee te red, met onder meer voer en vervoerkoste. Die regering, deur die kantoor van die premier en die landbou-ministerie, het boere vanaf verlede jaar […]

Read More

DA se reddingsplan is nie verbeeldingsvlug: Steenhuisen

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê ánders as die meeste ander partye wat aan vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesing deelneem, is die party se reddingsplan vir Suid-Afrika nie ‘n verbeeldingsvlug nie. Hy het ondersteuners tydens die party se manifesbekendstelling by die Uniegebou in Pretoria toegespreek. Steenhuisen sê dit is maklik vir partye met geen ervaring […]

Read More

Pakistanse amptenaar onthul verkiesings-bedrog

‘n Senior amptenaar in Pakistan het verkiesingsbedrog te midde van protesoptrede erken – ‘n week na daar nie ‘n duidelike wenner in die proses was nie. Die verkiesing is in omstredenheid en bewerings van manipulasie gehul. Die kommissaris van Rawalpindi, Liaqat Ali Chattha, het aan die media gesê owerhede het die uitslag van onafhanklike kandidate […]

Read More