Pakistanse amptenaar onthul verkiesings-bedrog

‘n Senior amptenaar in Pakistan het verkiesingsbedrog te midde van protesoptrede erken – ‘n week na daar nie ‘n duidelike wenner in die proses was nie. Die verkiesing is in omstredenheid en bewerings van manipulasie gehul. Die kommissaris van Rawalpindi, Liaqat Ali Chattha, het aan die media gesê owerhede het die uitslag van onafhanklike kandidate verander, met verwysing na diegene wat deur die voormalige eerste minister, Imran Khan, se party gesteun is. Khan dien tans tronkstraf uit. Chattha sê die gepeuter het die 70-duisend stemme in 13 nasionale vergaderingsetels omgekeer.