Geslagsgeweld: Daar’s vordering maar nie genoeg nie

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê Suid-Afrika maak vordering met gelykheids-opvoeding en talle ander ingrypings wat bedoel is om geslagsgelykheid te beskerm. Maar die kommissie is steeds bekommerd oor die vlaag geslagsgeweld en vrouemoord. ‘n Woordvoerder Javu Baloyi sê almal moet ander mense se regte respekteer om hulle seksuele oriëntasie te kies soos dit in die Grondwet en die Menseregtehandves verskans is: