Hier kan jy Nasionale Dag van Gebed huldig

Die regering het Vrydag aangekondig dat vandag tot ‘n Nasionale Dag van Gebed verklaar is, wat deur die Raad van Kerke in Namibië gelei sal word. ‘n Bid-diens sal van 4-uur tot 6-uur vanmiddag by die ZCC kerk in Hochland Park plaasvind. Die Khomas-Streekraad bied ook vanmiddag ‘n spesiale huldeblyk-seremonie aan vir wyle president Hage Geingob. Dit vind vanaf 1-uur plaas by die Havana Hoërskool in Katutura.