DA se reddingsplan is nie verbeeldingsvlug: Steenhuisen

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê ánders as die meeste ander partye wat aan vanjaar se nasionale en provinsiale verkiesing deelneem, is die party se reddingsplan vir Suid-Afrika nie ‘n verbeeldingsvlug nie. Hy het ondersteuners tydens die party se manifesbekendstelling by die Uniegebou in Pretoria toegespreek. Steenhuisen sê dit is maklik vir partye met geen ervaring van regering om van verhoë af hulle lys van onmoontlike beloftes uit te lees wat hulle weet hulle nooit sal kan nakom nie.