Voedselhulp vir droogte maak mense blykbaar siek

Plaaslike media berig dat ongesifte mieliemeel, wat deel vorm van die regering se droogtehulp, getoets sal word om te bepaal of dit veilig is vir menslike gebruik. Dit kom nadat verskeie mense in die Kavango Oos-streek siek geword het nadat hulle die meel geëet het. Hellen Likando, hoof van die ramprisiko-bestuursdirektoraat het bevestig dat die meel wat tans op Rundu is, in die hoofstad getoets sal word. Sy voeg by dat die meel mense afsit omdat hulle gewoond is aan die suiwer, gesifte kommersiële mieliemeel op die mark.