Spanning laai op tussen China, Taiwan

China se kuswag sê hy sal sy wetstoepassingsaktiwiteite versterk en gereelde patrollies rondom ‘n klein groepie Taiwanees-beheerde eilande aan die Chinese kus uitvoer. Dit kom terwyl spanning toeneem oor die dood van twee Chinese burgers. Taiwan het Donderdag die optrede van sy kuswag verdedig nadat twee mense op ‘n Chinese snelboot, wat te naby aan ‘n Taiwanese eiland gekom het, gesterf het. Hul boot het omgeslaan terwyl hulle probeer het om van ‘n kuswagskip te vlug. Twee ander het oorleef. China het Taiwan se optrede veroordeel en die voorval naby Beiding-eiland as “goddeloos” bestempel.