Lutombi gesels oor Auasweg-plan

Auasweg gaan uiteindelik in ‘n dubbelbaan verander word, en die publiek word uitgenooi om deel te neem aan die openbare konsultasieproses. Die dubbelbaan sal strek vanaf Mandume Ndemufayo-rylaan tot by Sean McBride. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Paaie-owerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi.

Read More

Opknapping sluit Lesotho Hoogland-tonnelstelsel

Die Lesotho Hoogland-waterprojek tonnelstelsel sal vanaf die eerste Oktober tot einde Maart volgende jaar ses-maande gesluit wees vir noodsaaklike instandhoudingswerk. Die sluiting, wat die watergebruikers van die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel raak, sal Suid-Afrika se watervoorsiening langs die Liebenbergsvleirivier in die Vrystaat beïnvloed. Die Departement van Water en Sanitasie verseker daar is planne gemaak om watertoevoer na […]

Read More

Het die FIA-baas gepeuter met uitslag?

FIA se president, Mohammed Ben Sulayem, word volgens berigte ondersoek omdat hy probeer het om in te meng by die uitslag van verlede jaar se Formule Een Saoedi-Arabië Grand Prix. Hy het na bewering probeer ingryp om ʼn boete aan Fernando Alonso van Aston Martin om te keer. Alonso het voorwaardelik derde geëindig op die […]

Read More

Pastoor op vlug na hy blykbaar drie, 17, 19 & 24, verkrag

Die Namibiese polisie in die Omusati-streek is op soek na ‘n pastoor wat blykbaar drie vroue, een so jonk as 17 jaar, verkrag het op Okandi. Die slagoffers is volgens kommissaris Ismael Basson, streeksbevelvoerder, 17, 19 en 24. Basson sê die insidente het blykbaar tussen 9 en 24 Februarie voorgekom en toe dit aan die […]

Read More

ANC sal kandidate se korrupsiebewerings oorweeg

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party oorweeg korrupsieklagtes teen sy lede met die afhandeling van die kandidaat-keuringsproses. Die nasionale uitvoerende komitee het vergader om die kandidaatlyste vir provinsiale wetgewers en die parlement te oorweeg, voor Vrydag se spertyd van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Volgens Mbalula sal die NUK deeglik besin oor al […]

Read More

VSA stel sanksies teen 11 Zim-leiers in

Die Amerikaanse regering het sanksies ingestel teen president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe en ander senior amptenare oor hul beweerde betrokkenheid by korrupsie en menseregtevergrype. Die sanksies dek elf individue en drie instellings. Benewens Mnangagwa, is vise-president Constantino Chiwenga en ‘n sakeman, Kudakwashe Tagwirei ook ingesluit. Die Amerikaanse regering sê die gedrag van sommige van die […]

Read More

EU bied vrouekonsert en uitstalling in Windhoek aan

Die Europese Unie-afvaardiging na Namibië bied die 2024 Internasionale Vrouedag Vroulike Kunstenaar-uitstalling aan, wat op Woensdag, 6 Maart by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek ge-open sal word. Dit sal strek tot 12 Maart. Die uitstalling, met die tema “Inspire Inclusion”, dien as ‘n platform vir Namibiese vroulike kunstenaars om hul bemagtigende kunswerke ten toon te […]

Read More

Voorbereidings vorder vir 5G

Ten spyte van voortdurende uitdagings, toon 2024 positiewe neigings vir 5G-ontwikkeling in Afrika, met verhoogde operateurfokus, deurlopende proewe en potensiaal vir wyer ontplooiing later in die jaar. Suid-Afrika was die eerste land in die streek wat 5G bekendgestel het, en ‘n handjievol lande het sedertdien gevolg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stanley Shanapinda, die […]

Read More

Freeth vertrek vanoggend uit Otjiwarongo

Die Zimbabwiese boer Ben Freeth vertrek vanoggend vanaf Otjiwarongo op sy Ride for Justice, na Windhoek. Hy word vandat hy die land te voet en te perd binnegekom het van Zimbabwe, bygestaan deur die Namibiese gemeenskap. Hy het laat Maandagaand, die boodskap met Namibiërs gedeel. 

Read More

Dis Super Tuesday in die VSA

Amerikaners in nagenoeg 15 state gaan vandag na die stembus op wat bekend staan as Super Tuesday. Dié mylpaal op die veldtog-kalender is deurslaggewend vir Donald Trump as presidensiële benoeming vir die Republikeinse Party. Super Tuesday is die grootste enkele stemdag in die land se uitgerekte, staat-tot-staat voorverkiesingseisoen. Met die wedloop wat nou al hoe […]

Read More