SA swemmers mis uit op Doha-medaljes

Swem: Erin Gallagher het haar eerste Wêreldkampioenskap-medalje gisteraand in Doha net-net gemis en vierde in die eindronde van die 50-meter-vlinderslag geëindig. Sy het die bronsmedalje met slegs twee-honderdste van ‘n sekonde gemis. Gallagher se teleurstelling is gedeel deur Chad le Clos, wat vyfde in die 100-meter-vlinderslag-finaal geëindig het. Pieter Coetzé en Lara van Niekerk gaan egter vanaand in eindrondes meeding – Coetzé in die 50-meter rugslag en Van Niekerk in die 50-meter borsslag.