Vier verdagtes sterf in skietery met KZN polisie

Vier mans wat verdink word van die moord Vrydag op ‘n 48-jarige vrou en haar 22-jarige dogter in Inanda, KwaZulu-Natal, is in ‘n skietery met die polisie dood. ‘n Woordvoerder, Robert Netshiunda, sê hulle het inligting oor die verdagtes ingesamel wat glo op pad was om reinigingsrituele in Mpophomeni te doen.