SANW maak name bekend van lede wat in DRK gedood is

Die Suid-Afrikaanse Nasonale Weermag het die name van die soldate wat in ‘n mortieraanval in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood is, bekend gemaak. Kaptein Simon Bobe en onder-korporaal Irven Semono het gesterf toe ‘n mortierbom in een van die militêre basisse van die Suid-Afrikaanse kontingent geland het. Die twee soldate is ontplooi saam met die 2de Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon. ‘n SANW-woordvoerder, Selina Rawlins, sê die drie soldate wat gewond is, is steeds in die hospitaal en maak goeie vordering.