Trump het nie immuniteit nie – McConnell

Die minderheidsleier in die Amerikaanse Senaat, Mitch McConnell, het herhaal voormalige presidente, insluitend Donald Trump, is nie gevrywaar van strafregtelike vervolging nie. Die Hooggeregshof besluit tans of Trump geregtig is op omvattende vrywaring van federale vervolging. Dit hou verband met die vier aanklagte wat hy in die gesig staar oor pogings om die 2020-verkiesingsuitslag om te keer. McConnell, wat ʼn senior Republikein is, sê oudpresidente is nie gevrywaar van aanspreeklikheid voor die strafregstelsel of van siviele vervolging nie.