Israel stel twee maande se stilstand in oorlog voor

Israel het Hamas ‘n voorstel deur Katari en Egiptiese bemiddelaars gegee wat tot twee maande se pouse in gevegte insluit as deel van ‘n multi-fase ooreenkoms wat die vrylating van alle oorblywende gyselaars in Gaza sal insluit. Katari en Egiptiese bemiddelaars probeer al weke lank om die gapings tussen die partye te oorbrug om vordering te […]

Read More

Farell sluit aan by Racing 92

Die Franse Top 14-span, Racing 92, het bevestig hy het ʼn ooreenkoms met Engeland en Saracens se losskakel, Owen Farrell, onderteken. Die tweejaar-kontrak is geldig vanaf die einde van die 2023/2024-seisoen. Die 32-jarige speler neem tans weens sy geestesgesondheid ʼn blaaskans van toetsrugby. Farrell het 112 keer vir Engeland uitgedraf en sy hele loopbaan, sedert […]

Read More

Cenored sê modder kelder kragvoorsiening

Modder verhoed blykbaar kragvoorsiening vir Cenored. Die noordelike streke, insluitend die Otjozondjupa-streek, het in plekke goeie reën gekry wat goeie nuus is, maar vir kragvoorsiening is dit ‘n nagmerrie. Cenored kry gereeld oproepe van die publiek wat kla dat hul elektrisiteit af is weens weerlig. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte, […]

Read More

Uitvoerders in SA vermy Transnet

Uitvoerders in buurlande vermy toenemend Suid-Afrika se ondoeltreffende spoor- en hawelogistiek. Die eerste koperbesending vanaf die Kamoa-Kakula-veld in die Demokratiese Republiek van die Kongo het Angola se Lobito-hawe binne slegs agt dae bereik via die nuwe Lobito Atlantiese Spoorweg, ‘n aansienlike verbetering van die 25 dae na Durban. Die spoorweg beloof kostebesparings en verminderde koolstofvrystellings. […]

Read More

Haley sê sy, nie Trump nie, kan Biden in November klop

Die Republikeinse voorverkiesing vanaand in New Hampshire oorheers die nuus in die VSA. Dis basies Nikki Haley teen Donald Trump. Haley het in Salem in die deelstaat met ondersteuners gepraat en sê sy het ‘n baie groter kans om Joe Biden in die November verkiesing te verslaan.

Read More

Expend4bles oorheers Razzie-toekennings

Sylvester Stallone se Expend4bles het met sewe die meeste benoemings gekry vir die Golden Raspberry Awards, ook bekends as die Razzies. Die rolprent is benoem as die Swakste Fliek, en vir die Swakste Ondersteunende Aktrise en Akteur – Megan Fox en Stallone onderskeidelik. Gesamentlik in die tweede plek met vyf benoemings elk, is The Exorcist: […]

Read More

Uitleenlopende rolspelers gesels vanaand oor veediefstal, stropery

Die Namibiese Landbou-unie, en verskeie ander rolspelers word geloof vir ‘n geslotedeur vergadering wat vanaand by die unie se kantore in die hoofstad in verband met stropery en veediefstal plaasvind. Die misdade het boere amper 220 miljoen Namibiese dollar tussen 2015 en 2020 gekos en die voorkoms van die misdade neem toe. Vanaand sal die […]

Read More

LPM spreek stand van onderwys toe

Die Landless People’s Movement jeugbevel se leier, Duminga Ndala, hou vanoggend ‘n perskonferensie kernsake binne die onderwyssektor aanspreek. Die sake sluit in die plasing van leerders en die algemene status quo van jongmense in die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die LPM, gepraat wat meer inligting gee oor wat […]

Read More

Trump sal waarskynlik New Hampshire vat

Oudpresident Donald Trump van Amerika het in aanloop tot die Republikeinse voorverkiesing vandag in New Hampshire ʼn groot voorsprong bo Nikki Haley, wat sy enigste oorblywende teenstander is. ʼn Washington Post-Monmouth University-meningspeiling het bevind 52-persent van die kiesers steun Trump, terwyl 34-persent vir Haley sal stem. Trump se ondersteuning in die staat het sedert November […]

Read More

SA20: Sunrisers kry bonuspunt-oorwinning

SA20 se verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, het in Gqeberha ʼn oorweldigende bonuspunt-oorwinning van nege paaltjies behaal oor verlede seisoen se naaswenners, Pretoria Capitals. Ottniel Baartman het die beste prestasie van sy SA20-loopbaan behaal toe hy vier paaltjies vir net 12 lopies platgetrek het, met die Capitals almal uit vir ʼn rekord-lae 52. In antwoord […]

Read More