Droogtehulp-aansoeke steeds oop vir boere

Weiding is besig om effens te verbeter in die sentrale gebiede van Namibië, maar die regering is steeds besig om boere te help wat verlede jaar maatreëls moes tref om vee te red, met onder meer voer en vervoerkoste. Die regering, deur die kantoor van die premier en die landbou-ministerie, het boere vanaf verlede jaar met droogtehulp gehelp. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die landbou-ministerie se woordvoerder, gepraat wat sê die aansoeke vir droogtehulp is steeds oop.