Israeli betogers vra vroeë verkiesings

Duisende Israeli’s het Saterdagaand in Tel Aviv bymekaargekom vir ‘n teen-regeringsprotes. Betogings teen die regering wat die land vir ‘n groot deel van 2023 geruk het, het gedurende die oorlog grootliks bedaar. Tog het betogers weer die strate van Tel Aviv ingevaar en gevra vir nuwe verkiesings, wat eers in 2026 geskeduleer is. Isrealiese eerste minister Benjamin Netanyahu het die idee van die hou van vroeë verkiesings verwerp.